Lofts se duiwe wen

Deur Higgo Jacobs
DUIWE van Otto Lofts van die Klein Karoo Duiweklub het Saterdag die wedvlugte vanaf Victoria- Wes vir jaaroudduiwe sowel as die ope-afdeling gewen.

Die uitslae in die ope-afdeling is as volg:

Otto Lofts – 1, 5 en 18; Cobus van der Merwe – 2, 6, 11, 14, 15 en 17; George Erasmus – 3, 10, 16, 19 en 20; Dirk Greeff – 7; Tobie Ellis – 8, 9 en 13; Hannes Smit – 12; en Klein Karoo Lofts – 4.