Chanein Hifke, ’n leerder van Hoërskool Oudtshoorn, was die leidster van die Protea-span se “Classic Baton Group” in Marjorettes. Hulle het met groot trots Suid-Afrika verteenwoordig by die Wêreldkampioenskappe in Zadar, Kroasië.
Hierdie kompetisie het die afgelope naweek plaasgevind. Chanein en die Protea-span het hard gewerk om hierdie prestasie te behaal. Foto: Facebook
