Die kannie-dood Mercedes Benz 180/190 1953-1961

Op die Kompasberg tussen Richmond en Middelburg, het die Benz gemaklik oor die hoë pieke gery. Onder: Katot Meyer se houtskoolskets van die Ponton 1906-1960. Heelonder: Die waterverfskildery deur Johan Rabie van die 1971 Suid-Kaap Rally waar die Ponton die Alfa verbygesteek het.

Dit wil gedoen wees om uit die puin van die Tweedewêreldoorlog van 1945 dié sedan-motors in 1953 op die mark te sit.

Die voorstel waarop die enjin en voorsuspensie gerus het was los, maar verder was die bakwerk en onderstel ’n eenheid. Alhoewel die voorstel met swaar kronkelvelling en gewigtige agter-as ontwerp was vir grondpaaie, was die tarra maar ’n skamele 1 160 kg. Kyk wat staan op jou SUV se lisensieskyfie onder tarra.

Wat sê die owner’s manual: Type 180/190 combines the advantages of the large and heavy touring cars as far as the suspension and the and the passenger and luggage comparments are concerned with the driving performance of a sports car. The safety of a heavy car and economical operation of a medium sedan class car.

Die modelle van Mercedes is reeds van daardie tyd in Oos-Londen aanmekaar gesit. Gegewe dat die motors wêreldwyd gaan verkoop, was daar Afrika-spesifikasies.

  1. Dikker verkoeler (tropical radiator).
  2. Vergasser “jets” wat kon aanpas by laer graad brandstof.
  3. Groter wielvellings van 13” tot 15” vir beter vryhoogte.
  4. Plekke standaard vir twee vol grootte spaarwiele (nie Marie-beskuitjies nie).

Die toerusting het nog eenvoudig gewerk – die ruitspuite is ’n rubber- pomp wat jy trap, die koppelaar werk met stange in plaas van hidrolies, die dompelligte werk met ’n skakelaar op die vloer.

My eerste Mercedez is gekoop in 1969 vir R500 en daarna het my vrou ook ’n 180 bestuur wat R650 gekos het. Die laaste een is in 1980 gekoop en ons ry die 190 van 1960 nog steeds.

Die houtskoolskets waarvan ek self die kunstenaar is, is van November 2003 van die Ponton 190.

Die waterverfskildery deur Johan Rabe 2019 is waar ek en die Ponton 190 per ongeluk in die Suid-Kaap Rally van 1971 beland het.

Dit was ’n vloekskoot dat die Mercedes die Alfa kon verbysteek – dis ’n kampvuurstorie, as jy die pad ken is dit soos voor ’n tuisskare.

Onlangs het ek en my vrou, Ilse ’n trip onderneem op net grondpaaie na Kompasberg tussen Richmond en Middelburg, soos ons om die hoë spits van 2 502 m ry, verander die aansit gedurig. (Deur Katot Meyer)