Katot Meyer van Oudtshoorn, en sy drie seuns Neil, Riaan en Anton, wou voor Dagbreekkoshuis in Stellenbosch ’n ‘wors met een ent’ gaan braai met die koshuis se eeufeesviering, maar aangesien dit Covid was kon hulle dit nie doen nie.
Hul gaan dit egter nou vier deur met hul Veteraan-Mercedesse te ry en ’n ‘wors met twee ente’ in Oudtshoorn te braai. Katot, sy drie seuns, Katot se pa en sy vrou Ilse se pa, was almal in Dagbreek gewees.
Die vier motors saam is 200 jaar oud, en Katot en sy seuns se gesamentlike ouderdom is ook 200 jaar. Foto: Lindi Brill
Die drie Appels val nie vêr van die boom
