Burger en Verwey die wenners

Willem Burger (naasregs) en Francois Verwey (regs) wat die Oudtshoorn Besigheidskamer se maandelikse geborde gholfdag op Woensdag, 2 Augustus, gewen het. By hulle is Gideon Badenhorst (links), klubkaptein, en Stef Nel van Signa wat die dag geborg het.  Foto: Higgo Jacobs

Deur Higgo Jacobs
DIE Oudtshoorn Besigheidskamer se geborgde gholfdag op Woensdag, 2 Augustus is deur Francois Verwey en Willem Burger gewen met ’n telling van 49 punte.

Altesame 52 spelers het deelgeneem aan die gholfdag wat deur Signa geborg is.
Billy Capil en Theo Fourie (47 punte) was tweede, AO Theunissen en Winston Coerecius (45 punte) derde, Jaco Mortlock en Louis Fourie (44) vierde, en Lollies van Rensburg en Etienne Roos, ook met 44 punte, op ’n uittel vyfde.

Coenie Coetzee het op die derde putjie die naaste aan die pen geslaan, Terry van Coller op die agtste, Hannes Smal op die twaalfde en Anton Kok op die vyftiende.
Mortlock en Capil het spogtwees op die derde behaal, Van Coller op die agtste en Willem Burger op die twaalfde.

• Louis Fourie (sr) het Saterdag (5 Augustus) se individuele stableford met ’n telling van 39 punte gewen. Anton Kok, ook met 39, was op ’n uittel tweede gevolg deur Neil Terblanche en Marthinus Oosthuizen, albei met 37, wat op ’n uittel derde en vierde was.

Danie Terblanche het die boerpot gewen.
Ockie Horowitz en Rudi Mortlock het spog-twees op die derde putjie geslaan.