BSS-basketbalspan klop Stallions goed
Die Bridgton Senior Sekondêre skool se basketbalspan, wat as die Bridgton Basketball Club (BBC) se junior span speel, het Saterdag (24 Junie) hul teenstanders van Heatherlands in George, die Stallions Basketball Club, oortuigend met 34 punte teenoor 23 geklop. Die span word deur Ebenezer Titus afge-rig. BBC se senior span het verloor teen die Stallions met ’n telling van 38-25.
Foto: Ebenezer Titus