Parkrun is ’n wêreldwye beweging wat daarop gemik is om mense van alle ouderdomme en vlakke aan te moedig om aktief te wees en deel te neem aan ’n gesonde leefstyl.
In die Klein Karoo vind die plaaslike parkrun elke Saterdagoggend plaas by Surval Boutique Olive Estate, ’n pragtige landgoed bekend vir sy rustige omgewing en asemrowende natuurskoon, omstreeks 07:00 plaas. Hierdie weeklikse gebeurtenis bied ’n vriendelike atmosfeer waar deelnemers kan hardloop, stap of draf, afhangende van hul eie tempo en vermoë.
Om deel te neem, hoef jy net eenmalig gratis by die parkrun-webwerf te registreer en jou eie persoonlike strepieskode (barcode) te kry. Hierdie strepieskode neem jy saam na die parkrun, waar dit gebruik word om jou tyd akkuraat te registreer.
Die tydopname help nie net om jou persoonlike vordering te monitor nie, maar dra ook by tot die groter gemeenskap van parkrunners wêreldwyd. Die openheid en inklusiwiteit beteken dat dit nie net oor kompetisie gaan nie, maar meer oor gesondheid, sosialisering en die bou van ’n ondersteunende gemeenskap.
Die Oudtshoorn parkrun is ’n wonderlike manier om die naweek aktief te begin, om nuwe mense te ontmoet en om die skoonheid van die Klein Karoo te geniet. Of jy ’n ervare hardloper is of net met jou gesin wil stap, parkrun verwelkom jou met ope arms.
4de parkrun vir 2026
