Die Laerskool Wesbank op Oudtshoorn het elektroniese toerusting ter waarde van R175000 ontvang as prys vir ’n tegnologie-kompetisie van ’n groot selfoonmaatskappy waarvoor hulle ingeskryf het. Die prys is aan die skool toegeken op grond van ’n motivering wat hulle geskryf het oor die skool se gebruik van tegnologie asook hul visie vir die gebruik van tegnologie.Die skenking sluit tablette, ’n projektor, ’n skootrekenaar en ’n interaktiewe witbord in. Hier is die skoolhoof, Waldo Cloete (agter) met by hom van links San-Mari Pedersen, Lisa-Mari Schoeman, Jancke van Eck, Roy Viljoen en Mari Linford, en voor van links Schalk van der Merwe, Stephan Cloete en Louis Uys. Foto verskaf