Weer tyd vir Wesbank Prettrap

DIT is weer tyd vir die Laerskool Wesbank se jaarlikse Fietsren en Prettrap vir die gesin wat op Saterdag, 4 Fe­bruarie, aangebied word.
Die fietsren is op die Leopard Crawl-bergfiets-roete wat ’n avontuurlike ervaring aan deelnemers gaan bied. Dit is geskik vir onervare ryers en vind plaas oor drie afstande, 72 km, 45 km en 18 km. Al drie roetes lei deur die SANW Infanterieskool se opleidingsgebied en omliggende plase.
Vir die gesin is daar ’n 13 km- en 5 km-prettrap.
Inskrywings kan by Ton’s Sport op Oudtshoorn gedoen word en op die dag van die byeenkoms.
Vir meer inligting kan www.leopardcrawl.co.za besoek word. Alle deelnemers kry ’n medalje.
Daar sal ook gelukkige trekkings met R10000 se pryse gehou word.
Vir navrae kontak gerus vir Louis Lategan by 044 279 1731 of Ton’s Sport by 044 279 2423.