Leerders van Laerskool Van Reede saam met vrywilligers van die Animal Care Team (Act) en Oudtshoorn Dogs in Need (Odin). Foto Angelique Erasmus
Deur Angelique Erasmus
’N VAKANSIEPROJEK van die leerders van Laerskool van Reede het tot gevolg gehad dat die skool verlede week baie kos, komberse en speelgoed kon oorhandig aan twee dierewelsynorganisasies van Oudtshoorn, Animal Care Team (Act) en Oudtshoorn Dogs in Need (Odin).
Volgens Johnny Bischoff, skoolhoof van Laerskool Van Reede, moes leerders die vakansie geld insamel en met die opbrengs kos vir diere koop.
Party leerders het ook finansiële bydraes skool toe gebring en so R3 000 bymekaar gemaak.
Die kos en finansiële bydrae is gelykop tussen Act en Odin verdeel. Beide organisasies het die skool bedank vir dié skenkings en hulp.