Deur Garnett Wicomb
DIE verhoor van drie mans van Calitzdorp wat van roof met verswarende omstandighede aangekla word, is verlede Donderdag in die Oudtshoorn Streekhof vir verdere getuienis tot volgende maand uitgestel.
Henrico Lindt, Flip Abrahams en Malcolm Greg Windvogel word daarvan aangekla dat hulle die aand van 27 September 2014 twee broers beroof en die een met ’n mes gesteek het.
Volgens Christo Pockpas het die drie mans hom van sy beursie met R400 daarin beroof het en sy broer met ’n skerp voorwerp gesteek en van ’n onbekende bedrag geld beroof.
Windvogel, ’n goeie vriend van hom, het hom ’n paar dae na die voorval om verskoning gevra.
Die saak dien voor streeklanddros Retha Pretorius en is voorlopig tot 19 Augustus 2019 uitgestel. Lindt en Abrahams bly in aanhouding terwyl Windvogel op borg is.