Nuwe Gimmies rasieleiers blink uit

Die Gimmies-cheer squad. Foto verskaf

Langenhoven Gimnasium op Oudtshoorn het vanjaar ’n nuwe sport aangepak en hul eie rasieleierspan (Cheerleaders) op die been gebring.

Sover het die dogters reeds 2de plek verower tydens die SWD kompetisie wat 3 Mei op Oudtshoorn plaasgevind het.

Die Gimmies-cheer squad soos hulle bekend staan sal op Saterdag 14 Junie deelneem aan die laaste kompetisie vir die jaar, op Oudtshoorn.

Hierdie is ’n nuwe sport wat deel uitmaak van die SAMCA (South African Majorettes and Cheerleading Association).

“Die span het goed gedoen, ten spyte daarvan dat hulle voor dit slegs vir ’n week geoefen het,” vertel Linza de Kock, afrigter van die span.

Ander skole wat eerskomende naweek deelneem aan SAMCA SWD Drummies is Van Rheede, Bridgton Sekondêr, Oudtshoorn span, De Rust Primêre Skool en Môrester Sekondêre skool.
Spanne wat deurgaan sal later tydens die skoolvakansie in Oudtshoorn aan die nasionale kompetisie deelneem. (ANGELIQUE ERASMUS)