Leerders vertel: So sou ek maak as ek stasiebevelvoerder was

Dié vier leerders is Saterdag 10 April as wenners aangewys in ’n kompetisie wat die Oudtshoorn Polisie vir hoërskoolleerders aangebied het. Leerders moes tydens die kompetisie, bekend as die junior bevelvoerder-projek, toesprake lewer oor hoe hulle as stasiebevelvoerder van Oudts­hoorn sou optree. Hier voor van links is Kian Going (Hoërskool Oudts­hoorn), Stefan Cloete en Nadia Badenhorst (albei Langenhoven Gimnasium) en Ambé Festus (Hoërskool Oudtshoorn), wat op grond van hul toesprake die titels van onderskeidelik speurhoof, hoof van sigbare polisiëring, hoof van ondersteuning en stasiebevelvoerder verwerf het. By hulle agter van links is kol Chris Marnewick (speurhoof), brig Susan Crafford (stasiebevelvoerder), kol JJ Stripp (hoof van sigbare polisiëring) en kol Mavis Matole (hoof van ondersteuning). Foto verskaf