Briewe van lesers

Moogeid kom van binne

die grootste fout wat
mense maak
is om mekaar

te veroordeel

as gevolg van die
persoon se voorkoms

ons trek nie aan om
die strate te beïndruk
nie maar ons trek

aan om gemaklik
te voel en omdat ons
’n familie het om
te voer

jy sal verbaas wees
hoeveel mooi
maniere skuil agter
daai stukkende klere
wat jy so oordeel

ons beïndruk eers
ons familie voor ons
die strate wil tevrede stel

dit gaan nie oor
hoe jy van buite lyk nie
jou persoonlikheid

maak van jou ’n mooi persoon
– Adriahan Jacobs

Climate change and the need to recycle water

I had a telephone call from my grandson, all of eight years old, with a question. He was trying to put together a report setting out the reasons that the Incas and other South American indigenous people disappeared, leaving behind a large number of magnificent structures. I sent him to Google and we followed up over the next few weeks.

My knowledge of the subject was limited to a brief book I had read some years ago. I set out to improve my knowledge using a variety of sources. What did I find? The new ability “to see”, using technology that enables one to see under the earth’s surface, gave a fascinating picture.

What this technology had found was that the system of water reticulation was exceptional. It depended on a period of six months when the rain fell in copious amounts. This was stored in large underground tanks and distributed by a series of open canals.

So why did they move from this paradise-like situation? The area suffered from climate change and the rain over a lengthy period of time no longer fell when it had in the past. The population increased, the water supply did not. Eventually approximately twenty million folk walked away to pastures new.

Sounds familiar, doesn’t it? Here we are in a similar situation and we just avoid putting into practice an obvious solution.

I notice that a large number of new homes are being constructed and our squatter camp spreads on a daily basis. The poor government in the Eastern Cape, the lack of infrastructure, and all the events we have come to associate with poor government pertain in that part of our country. The population is moving south. The hope for a better life drives migration coupled with a lack of resources. The population is increasing, the water supply is not.

The problem is obvious. Our area has had very little rain over the past five years. One day, I make no predictions on when, we will find that our dams are empty. The now famously long awaited Blossoms pipeline is nowhere to be seen. Who believes that that project will ever work? The Blossoms water source is also vulnerable to drought and it is a source for many farmers who use the underground source.

The rising temperatures should be a warning. It is late April and my thermometer read 36 degrees C a few days ago, at 12 noon. April is the start of colder weather, autumnal colours, etc. This year we appear to still be in mid-summer.

It is pointless to tout the theory that there are good years and bad years for rain. Look at Australia. Massive bush fires, high daily temperatures and drought. Perth like Cape Town had draconian water use restrictions in place just the other day. The USA is experiencing a similar situation, West Africa has a continuous outflow of it’s population. The destination is Europe and the northern countries with good water and agricultural resources. Political factors play a role, but the ever encroaching Sahara Desert provides a message.

What will happen in Oudtshoorn? Nobody can put a timeline on how much and when rain will fall.
Now is the time to make use of a large infrastructure programme that will provide employment for our population and build a water recycling plant. Clean recycled water that will, instead of just carrying human waste, be reused. They do it in Windhoek and London, and Perth is busy building a plant. Cape Town is in the exploritory stage with a pilot plant. In many cities in the USA this is standard practice. If you doubt that, go to Wikipedia to verify the information.

Do not think that such a system will cost more than we can afford. The alternative happened in Beaufort West a few years ago. Cost means nothing when you have no water!

Come on Town Council, cut the salaries enjoyed by councillors, look carefully at what is a necessity and what can be sacrificed, get to work asap or face the consequences at a future date.
– William Gould, Oudtshoorn

Nuwe partye en die verkiesing

Dit is die tyd wat nuwe partytjies opstaan, want die munisipale verkiesing kom nader.

Een so ’n party (’n politieke organi-sasie volgens hul Facebook-blad) is die Oudtshoorn Gemeenskapsinisiatief (OGI). As jy kyk na die leiers en stigters is dit duidelik dat hulle met die klompie stemme wat die party kry, as PR-raadslede raad toe wil gaan. Soortgelyk soos ander partye voorheen gedoen het. So word die kiesers wat vir hulle stem, mislei.

As jy die uitsprake en stellings lees van hierdie manne oor plaaslike regering, is hulle ’n gevaar vir hulleself en die dorp. Onderwysmanne moet maar liefs in die onderwys bly. Dit is die gebied waar hulle hul kennis die beste kan aanbied.

Politieke partye soos die ANC, DA en Icosa laat ten minste hul kandidate deur ’n streng keuringsproses gaan.
– Oudtshoorniet
(• Ter verduideliking van die term PR-raadslid – met PR wat staan vir proporsional representation: Dit is raads-lede wat verkies word op grond van die totale aantal stemme vir ’n party in ’n verkiesing en verskil van wyksraads-lede wat in ’n wyk staan waar die kiesers spesifiek vir hom stem.

Die Hoorn het die brief aan die OGI gestuur vir reaksie, maar die OGI het besluit om nie te reageer nie.
Die Hoorn het egter ’n lesersbrief van ’n inwoner ontvang in reaksie op die brief – sien langsaan.]

Nuwe klein partytjies

Dit sal seker nie te veel van ’n sonde wees as ek met hierdie skrywe duidelik poog om ’n boodskap aan my eie mense oor te dra nie.

Hiermee bedoel ek die mense wat ek vanaf geboorte leer ken het; hulle tussen wie ek grootgeword, geslaap, geëet en gespeel het; met wie ek skoolgegaan en met wie ek later saam gewerk het.

Hulle sal onthou dat met die laaste plaaslike verkiesing hulle versoek is om ’n onbetwiste stem en volstrekte meerderheid aan die party van hulle keuse te gee. Dit het hulle aan die DA gegee, met watter gevolge?

Hulle is nog net waar hulle was sonder enige sigbare ekonomiese bemagtiging hoegenaamd.

Sou die ANC beter gevaar het? Dis te betwyfel. Die las van onbetaamlike bagasie is te groot.

Waar laat dit ons bruinmense in hier­die onverbloemde etniese geharwar?

Die keuse is onvermydelik. Die pad van selfbeskikking is ons enigste uitweg na ’n beter toekoms. Die toekoms mag duister wees, maar ons is vol hoop dat ons ’n weg inslaan om in die eerste plek ontslae te raak van knegskap en tweedens die kans aan te gryp om onsself te laat geld.

My mense het die mag om ’n politieke omkeer in hierdie dorp en land te maak, en daarom is dit die moeite werd om liewer met hulle in gesprek te gaan.

OGI, die nuwe politieke party, uit eie geledere gebore, is ons enigste hoop om onsself te laat geld en die oorheersende hoofstroom politieke partye vaarwel toe te roep.

Laat Oudtshoorniet maar agter ’n skuilnaam wegkruip. Veralgemening en uitgediende persepsies het ons nie nou nodig nie en beveel aan dat Oudts-hoorniet sy bondeltjie slimmigheid vir hom/haarself in sy/haar skuilplekkie hou. Oudtshoorn Gemeenskapinisiatief sal nie met koue pampoen van stryk gebring word nie.

My mense het die mag om die heersers regop te laat sit en hulle in hul eie speeksel te laat stik. Gebruik daai mag en stem vir OGI. Langenhoven het gesê: Moenie terugslaan nie; slaan eerste. In hierdie geval – slaan eerste met jou stem en sien hoe die deure oopgaan. Dis nog nie te laat nie. Inteendeel, dis nou die regte tyd om die vere reg te skud en jou mind op te maak. Doen dit!
– MCI Santi, Oudtshoorn