Foto’s van lesers ingestuur: Matriekafskeid 2023 – ’n Aand om te onthou!

Divan Janse van Rensburg en Chrisli Matthee: “Vir my was die hoogtepunt toe ek vir Chrisli die eerste keer gesien het.”

Patricia Reynard: “Dit was ’n besonderse lekker aand gewees.”

Louis en Madré: “ A night to remember forever.”

Kyla Knoetze: “My hoogtepunt van my matriekafskeid was nie net een ding nie. Dit was die ondersteuning van my familie. Madelein van Maddie’s Bridal Nest wat hierdie pragtige rok aan my gehuur het en uit haar pad gegaan het om seker te maak ek voel soos ’n prinses. Die ongelooflike lekker kos en venue by Surval was die cherry op die koek. Ek het nog nooit so mooi in my lewe gevoel nie. Matrieks van 2024, maak seker julle mis nie uit nie!”

Amelia Jansen van Vuuren van Langenhoven Gimnasium en haar metgesel JB Fazair: “Dit was alles en nog meer waarvan Amelia nog altyd gedroom het. Die saal was pragtig versier en die kos vanuit die boonste rakke! Die hoogtepunt van die geleentheid was om almal te kon sien. Geen uitsondering kon gemaak word nie. Almal het so mooi gelyk! Dankie Langenhoven Gimnasium vir ’n pragtige spoggeleentheid wat die matrieks vir die res van hul lewe sal onthou. Amelia het soos ’n prinses gevoel en gelyk.”