DAVID Schoeman van DH Schoeman Boerdery in Aberdeen het Dinsdag 22 Augustus, tydens die Suid-Afrikaanse Sybokhaarkampioenskappe in Gqeberha weggestap as die wenner in die Miyuki Kampioen Sybokhaar kategorie.
Schoeman het ook ’n plaas net buite Oudtshoorn naby Dysselsdorp.
Die Suid-Afrikaanse sybokhaarbedryf en Miyuki Keori, ’n Japannese tekstielvervaardiger, werk reeds vanaf 1980 saam om erkenning te gee aan Suid-Afrikaanse sybokhaarprodusente wat die beste klas sybokhaar lewer. Die doel van hierdie kompetisie is om Suid-Afrikaanse sybokhaarboere bekend te stel as die produsente van die beste sybokhaar ter wêreld, en ook om hulle aan te moedig om die aanbieding en gehalte van die Suid-Afrikaanse sybokhaar te handhaaf en te verbeter.
Schoeman wen die Miyuki Kampioen Sybokhaar
Van links: Chris Curtain standing in for Jann, Fourie Vosloo, Pieter Jordaan, Benjohan Snijman and David Schoeman.Voor: Frances van Hasselt. Foto verskaf