CKI stel resepteboek saam

Agter van links: Pierre Malherbe - Jamima’s Restaurant; Maryna Cotton - Fotograaf en Redakteur; Gerbrandt van Deventer - Bello Cibo Restaurant. Voor links na regs: Celesté Sinden – CKI; Debbie Malherbe – Jemima’s Restaurant, Annami Swanepoel ; Ilse Beyers - Pluim Eatery De Rust, Aurona Weideman – Nostalgie Restaurant; Hannelie Human – HS Oudtshoorn; Maryke Hanekom – CKI. Onder: Die pragtige resepteboek met kleurvolle foto’s van elke dis is te koop by die Klein Karoo Ostrich Emporium. Foto’s Angelique Erasmus

DIE CKI Vleisbemarkingspan se aanvanklike idee was om ’n digitale resepteboek bymekaar te sit wat op sosiale media gebruik kan word. Die inhoud sou bestaan uit ’n versameling beproefde resepte van plaaslike restaurante en CKI kliënte.

“Ons was egter aangenaam verras met die entoesiasme waarmee die geleentheid aangegryp is. In samewerking met Maryna Cotton, wat die pragtige foto’s geneem het, asook elke brokkie kennis, advies en inligting kon ons nie anders as om te besluit dat die boek in gedrukte vorm beskikbaar moes wees nie.

Die versameling van eenvoudige resepte maak die boek ’n aanwins vir elke huis,” vertel Celeste Sinden van CKI. Die boek is beskikbaar by die Cape Karoo Ostrich Emporium in Rademeyerstraat 15 teen R250-00 elk. (Deur Angelique Erasmus)