
TYDENS ’n spoggeleentheid Vrydag by die Queen’s Hotel, Oudtshoorn, is die Wes-Kaap Prestige Agri-toekenningswenners aangekondig.
Vanjaar was daar 1 534 deelnemers wat landwyd in 14 streke aan hierdie kompetisie deelgeneem het. 67 deelnemers kom vanuit die Klein Karoo area, met 18 vroue en 49 mans wat teen mekaar meegeding het in 10 kategorieë.
Die kompetisie is in 2002 deur Elsa Jordaan begin met slegs 36 deelnemers van die Hex Valley. Die doel is om vir elke werker erkenning te gee vir die groot bydrae wat hulle maak, nie net op die onderskeie plase nie, maar ook in die algehele landbousektor.
Die tien kategorieë bestaan uit: Algemene werker, Drywer, Besproeiing spesialis, Tegniese operateur, Sosiale ontwikkeling, Administratiewe personeel, Voorman, Junior bestuur, Middel bestuur en Dierproduksie. Elke wenner het nie net ’n sertifikaat ontvang nie maar ook ’n koopbewys en kontant- bedrag.
Die drie groot kategorieë is natuurlik die Beste presterende plaas, Beste potensiaal en die Klein Karoo landbouwerker van die jaar vir die streek.
Die wenners van elke kategorie gaan dan op 19 September 2023 teen die res van die provinsie meeding, voor die groot Gala-aand in November waar daar teen die hele Suid-Afrika se wenners gekompeteer gaan word.
Hier volg die wenners:
Klein-Karoo Landbouwerker van die jaar vir die streek: Thomas Oosthuizen
Beste Potensiaal: Marietta Jansen
Beste presterende Plaas: JP Schoeman Boerdery
Algemene Werker: Lindisipho Thisani
Drywer: Chester de Laan
Besproeiingspesialis: Demetri van der Merwe
Tegniese Operateur: Frans Stuurman
Sosiale Ontwikkeling: Anneline Goliath
Administratiewe personeel: Esmarelda Maarman
Voorman: Morne Basie
Juniorbestuur: Gerald Xhip
Middelbestuur: Megan Bruintjies
Diereproduksie: Thomas Oosthuizen
(Deur Angelique Erasmus)

Bo: Piet en Laura Schoeman van JP Schoeman Boerdery.

Marietta Jansen, wenner van die beste potensiaal kategorie. Foto’s: Angelique Erasmus