Beraad wil skoolleiers bystaan

DIE hoofleiers van skole van Oudtshoorn, Calitzdorp, Ladismith, Beaufort-Wes, Prins Albert, Melkhoutfontein en Stilbaai het Saterdag ’n leiers­be­- raad aangebied deur die Federasie van Suid-Afri­kaanse Skoolbeheerliggame (Fedsas) op Oudts­hoorn by­gewoon. Dit is die vyfde jaar wat Fedsas sulke leiersberade dwarsoor die Wes-Kaap aanbied.

Volgens Danie van Wyk, Wes-Kaapse bestuurder van Fedsas, word daar tydens die berade op leierskapontwikkeling en -opleiding gefokus. Dit sluit in die rol en funksie van die hoofleiers in hul skole en ook binne beheerliggame aangesien talle leiers op beheerliggame dien.

“Dit is belangrik dat skole funksioneel moet bly sodat leer voortgesit kan word. Die leiers se rol ten opsigte van dissipline in skole is baie belangrik.”

Die berade word in samewerking met die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) en die betrokke munisipaliteit waarbinne ’n beraad plaasvind, aangebied. (Deur Liesel le Roux)