Die Gimmies-groep wat België besoek het, is voor van links Marita Krüger (leerkrag), Christia Botes, Hermien de Wet, Karla Esterhuizen, Marelé Snyman, Wandi Janse van Rensburg, Marisa Burger en Rolanda Beukes (leerkrag). Agter van links is Christiaan Barnard, Ro-Lize Oosthuizen, Louis de Wet, Jana Whiley, Emile Bezuidenhout, Natasha Fourie en Zoë Arndt. Afwesig: De Villiers Botha. Foto verskaf
VEERTIEN graad 10- en 11-leerders van Langenhoven Gimnasium vergesel deur twee leerkragte, Marita Krüger en Rolanda Beukes, het in die Septembervakansie die geleentheid gehad om die kultuur en leefwyse in België te ervaar. Die leerders was in België as deel van ’n kultureel-opvoedkundige uitruilprogram met Harten College in Ninove, België.
Gedurende die twee weke het die leerders in Nederlands skoolgegaan en aanbiedinge gedoen oor Langenhoven Gimnasium, Oudtshoorn en Suid-Afrika, opvoedkundige uitstappies onderneem en baie museums besoek. Hulle is boonop deur die gas- gesinne waar hulle gewoon het, bederf met interessante uitstappies en lekker kos!
Krüger het in Maart 2018 dié proses geïnisieer en na positiewe reaksie van die skoolhoof van Harten College, is begin om reëlings te tref.
Volgende jaar – in April 2020 – sal 15 leerders en drie onderwysers van Harten College op hul beurt Oudtshoorn besoek en die Gimmies sien na verneem word baie daarna uit om dan hul Belgiese gaste te bederf. Daar word beoog om dié verbintenis jaarliks te versterk.