Deur Angelique Erasmus
DIE 23-jarige Marlon Julies moet op 21 Oktober weer in die Ladismith Landdroshof verskyn in verband met die moord op ’n groentesmous van Zoar, Japie Adams (57).
Julies is op 17 September in hegtenis geneem en het die dag die eerste keer in die hof verskyn.
Volgens ao Jan Cederas, woordvoerder van die Ladismith Polisie, het Julies na bewering vir Adams met ’n skerp voorwerp doodgesteek.
Adams se liggaam is omstreeks 22:45 op Saterdag 14 September op ’n straathoek naby die ou Ta-vern Gebou in Sandkraalweg gevind.
Die voorsitter van die Ladismith Gemeenskapspolisieringsforum (GPF), Dawid Bothman, het die inhegtenisneming verwelkom.
Julies bly in aanhouding.