Vroue wat voorvat: Julia Terblanche – Blomkweker

Julia Terblanche is ’n passievolle blomboer in die Klein Karoo. Sy kweek ’n groot verskeidenheid snyblomme op hulle plaas in Bo-Kammanassie.

Ten spyte van uitdagende omstandighede in die landbou, bly dit vir haar ’n groot seën en lekkerte om elke dag met blomme te kan werk.

Sy verskaf werk aan vyf van haar plaasarbeiders se vroue, om sodoende hul lewensomstan-dighede te verbeter.

Sy verskaf pragtige, varsgeplukte bosse blomme aan Wes@Camp Roadhouse, Oudtshoorn Spar en Oudtshoorn Tuisnywerheid.

Kontak haar gerus direk by 082 663 5335.