

Fanie’s Bakwerke het op 3 Februarie 2026 vier dekades gevier as ’n onderneming wie se naam sinoniem is met kwaliteit en gehalte werk. As bewys hiervan, het hulle ’n 99,2% gemiddelde gradering op die Lightstone Consumer Services webblad.
Kriteria wat hier gemeet word sluit in: Herstel ’n voertuig reg die eerste keer, professioneel en vriendelike diens, kommunikasie met kliënte, skoon toestand van voertuig na afhandel van werk gedoen, en voertuig gereed op tyd, Lightstone meet diens van verskaffers aan die publiek reeds sedert 2005.
Fanie’s Bakwerke is in 1986 deur Fanie Fourie senior gestig. Tien jaar later in 1996, sluit sy seun, Fanie Fourie junior by die besigheid aan.
“Ek het die voorreg gehad om vir 10 jaar saam met my pa te werk, voor hy in 2006 oorlede is,” vertel Fourie.
Fanie’s Bakwerke is ook ’n geakkrediteerde voertuigvervaardiger hersteller wat beteken hulle kan herstelwerk aan voertuie wat nog onder fabriekswaarborg is herstel. Die handelsmerke sluit in Toyota, Ford, Suzuki, Renault, Isuzu, Mazda, Nissan, Datsun en Honda. Hulle is ook geakkrediteer om versekeringsherstelwerk te doen en is goedgekeur by al die groot versekeringsmaatskappye.
Afgesien van voertuie, doen die onderneming ook soms spuitverf aan ander items wat vliegtuie, motorfietse, fietse, asook modelvliegtuie insluit.
Fanie’s Bakwerke beskik ook oor lojale en goed opgeleide personeel wat gereeld gestuur word vir model spesifieke opleiding asook om op hoogte te bly van die nuutste en jongste verftegnieke. Van die personeel is reeds in diens van die maatskappy wat strek tussen 18-32 jaar periodes.
Oor die afgelope vier dekades het die besigheid groot mylpale bereik en voortdurend bygebly met veranderende voertuig-tegnologie, nuwe hersteltegnieke, die nuutste verfprodukte en die digitale stelsels van versekeringsmaatskappye. Hierdie aanpasbaarheid en toewyding het verseker dat Fanie’s Bakwerke steeds kwaliteit herstelwerk van ’n hoë standaard kan lewer.
“My opregte dank aan elke kliënt, vriend, voertuig-handelaar, versekeringsmakelaar en hul personeel vir julle volgehoue ondersteuning en vertroue oor die jare. Sonder julle sou hierdie 40-jaar mylpaal nie moontlik gewees het nie,” sê Fourie.
Besoek hulle gerus by hul spogperseel in Jonesstraat 38, Oudtshoorn, of kontak hul by 044 272 6930.
