Eksklusiewe maar tog bekostigbare kinderklerereeks en soveel meer

Punanki het ’n wye reeks produkte, wat klere, swemklere, skoene, speelgoed en selfs handdoeke en komberse insluit. Beskikbaar in Oudtshoorn by Nice geskenkwinkel, in Baron van Reedestraat.

Lyfi, Punanki se nuutste toevoeging tot hulle reeks vir babas. Organies met essensiële olies, en ook beskikbaar in reukvrye produkte.

PUNANKI, ’n plaaslik kinderklerereeks, het nie net iets besonders beskikbaar vir elke smaak en okkasie nie, maar maak voorsiening vir seuntjies en dogtertjies.

Daar is selfs die mooiste dooprokkies te koop.

Die naam Punanki beteken “Jy is geliefd’, ’n woord afkomstig van die Khoi taal.

Michéle Muller, ’n ma van vier pragtige dogters, is nie net ’n besigheidsvrou nie, maar behartig saam met haar man hul boerdery in Herbertsdale, en het die klerereeks in 2016 oorgekoop.

Punanki is reeds 10 jaar gelede op die been gebring.

“Die vreugde en sorg wat geneem word om jou kinders mooi aan te trek, is ’n plesier wat elke ma verdien om te beleef,” sê Muller.

Die klere is beskikbaar vir babas van alle ou-derdomme, en ook vir kinders tot en met nege jaar.

Daar is pragtige formele rokkies, met die fynste kant, blomme en krale, om enige meisie soos ’n prinses te laat voel. Pakkies met dasse en onderbaadjies vir seuns is ook beskikbaar, asook, dooprokke, swemklere, en selfs vellies. Daar is ook ’n wye reeks speelgoed, handdoeke en snoesige sagte komberse, te koop.

Kopers kan aanlyn koop by www.punanki.co.za, of na enige van hulle twee winkels gaan. Nicé, op Oudtshoorn of Seeplaas op Grootbrak Rivier.

Hul nuutste toevoeging tot die handelsmerk is ‘Lyfi’. Hierdie organiese baba produkreeks is ook reukvry beskikbaar, met lyfseep, boudjie room en nog vele ander oulike produkte.

Vir hierdie tyd van die jaar, is daar die mooiste kersfeesreeks, met die oulikste slagspreuke.

Besoek gerus hulle webwerf, of loer by een van die winkels in. Alternatiewelik kan Abigail Saayman gekontak word by 072 643 9614.