

By LF Crop Solutions (LFCS) saam met sy hoof strategiese vennoot Soiltech, is ons doel om boere regoor Suid-Afrika te lei en te inspireer oor die voordele van die integrasie van volhoubare grond- en gewas-produkoplossings in hul boerderybedrywighede en om grond- en plantge-sondheid te bevorder. Deur dit te doen wil ons groeiende winsgewendheid vir ons kliënte, produsente en aandeelhouers skep.
Ons streef daarna om met die hoogste vlak van integriteit mee te ding, om nasionale en internasionale standaarde van diens en produkgehalte te bereik en te handhaaf met behulp van die beste tegnologie beskikbaar. CARBONBIO (’n geaffilieerde maatskappy van LFCS) is in 2020 gestig met ‘n visie wat gedryf is deur die vraag “Hoe kan ons boere bystaan en ondersteun om volhoubaar te wees in hul opbrengs, hul gewasgesondheid te verbeter en grond te bewaar vir toekomstige oesgenerasies?” Ons doel is dus om boere te help wat begeer om “met Moeder Natuur eerder as teen haar te boer.” Verder wil ons boere help om hierdie benadering op hul plase so suksesvol en bekostigbaar moontlik te implementeer, volgens elkeen se eie unieke omstandighede. “Ons glo in gesonde, lewende en vrugbare gronde ten einde ‘n uiters voedsame eindproduk en gesonde voedsel te produseer deur nader aan Moeder Natuur te boer met minder chemiese kunsmis, minder chemiese plaagbeheer en siektebestuur as gevolg van gesonder grond en plante.” – SOILTECH, strategiese vennoot van CARBONBIO.

Mikro-organismes is só belangrik vir plante en plantgesondheid dat hulle 30% van alle suikers wat deur fotosintese geproduseer is, deur hul wortels afskei om as voeding te dien vir die mikro-organismes in hulle wortelsone.
Plante kan net gelukkig wees as die mikro-organismes in die grond gelukkig is en hul werk optimaal kan doen.
Vir die organismes om optimaal te kan funksioneer, moet die grond in ’n optimale kondisie(toestand) wees. Soiltech streef daarna om weer die lewe in die grond terug te sit om sodoende ’n optimale omgewing vir die mikro-organismes te skep. Soil-AACT is ’n aerobiese kompostee wat voordelige mikro-organismes in die grond inokuleer om sodoende die plant optimaal te help groei. Dit is by jou naaste Agri-tak beskikbaar.
Die kwaliteit van wat ons eet, bepaal die kwaliteit van ons gesondheid. Die kwaliteit van die grond verskaf die middele wat ’n plant nodig het om optimaal te groei. Die plant wat in optimale grondkondisies(toestande) groei, verskaf dan weer die kwaliteit van lewe vir diegene wat dit eet. Met ander woorde: Ons is wat ons eet.
Om hierdie grondgesondheid te maksimaliseer gebruik Soiltech die Albrecht-model om die spesifieke behoefte van die grond te bepaal en die huis so te bou vir die mikrobes in die grond, dat hulle hulle werk kan doen om die plant se groei maksimaal te bevorder.
Daar word ook nie net ’n klomp lukrake mikrobes bymekaar gegooi en op ’n ‘haelgeweer’ toediening te werk gegaan nie. Elke mikrobe word met ’n doel in die grond gesit volgens die bepalings van die Albrecht-model. So byvoorbeeld sal SoilAZONA spesifiek in versoute omstandighede aanbeveel word, aangesien die orga-nismes die vermoë het om te floreer in sulke omstandighede en dan die gewas wat in die grond geplant is by te staan op verskeie maniere. Dieselfde organismes speel tersefdertyd ’n rol by stikstof(N) verskaffing aan die gewas, aangesien dit die vermoë besit om met stikstof uit die atmosfeer te bind.
SoilPP is een van ons vlagskip grondkondisioneringsprodukte en word by verskeie slagpales in die Noorde vervaardig. Na suksesvolle onderhandelinge met OSTRILAND te Oudtshoorn, bring ons die unieke produk tot op die voorstoep vir die produsent. Ons poog sodoende om die produk meer bekostigbaar te maak in terme van toedieningshoeveelhede. Die produk word vervaardig deur vars ongestolde bloed by slagpales te hidroliseer op ’n Soiltech-gepatenteerde proses. SoilPP is ’n uitstekende energiebron vir mikrobes. Dit het geen slegte reuk nie en is ’n gekonsentreerde bron van aminosure. Dit is nie net ’n uiters suksesvolle voedingsbron nie, maar voeg ook waarde toe tot grondgesondheid.
SoilSTREPMIX is ’n unieke produk wat waarde toevoeg wat uitplantskok verminder asook die onderdrukking van verskeie grond- en blaarsiektes. Streptomycete is eensellige organismes wat gebruik word om natuurlike antibiotika te vervaardig. Dit vorm deel van die groep Actinomycete wat die vars reuk aan grond gee.
Streptomycete is mikro-organismes wat allerlei plantgroei-stimu-lerende eienskappe besit en is ook verantwoordelik vir die afskei van groeihormone om die plant te ondersteun onder strestoestande.
Biobemestingsmikro-organismes speel ’n baie belangrike rol in die grond deurdat dit die grondtekstuur verbeter en gevolglik ’n positiewe invloed het op opbrengste. Hulle speel ook ’n positiewe rol in die onderdrukking van patogene, is eko-vriendelik en koste-effektief.
Biobemesters speel ook ’n positiewe rol om besoedeling te verminder, aangesien dit ’n natuurlike manier van bemesting is. Hulle speel ’n belangrike rol in die bioremediëring van grond waar gifstowwe of derglike chemiese stowwe om een of ander rede opgebou het.
Stikstofbindende mikro-organismes en ander biobemestingsorganismes, tesame met hul plantgroeibevorderende eienskappe is ’n werklikheid en dit is haalbaar om dit suksesvol in boerdery praktyke te inkorporeer. Die suiwerheid van die mikrobes en die lewenskragtigheid van die organismes wat gebruik word, asook die kennis, ervaring en eerlikheid van die persone wat hierdie aanbevelings maak, is baie belangrike faktore wat tot jou sukses gaan bydra.
Alle produkte van Soiltech is geregistreer by DALRRD as Groep 3 plantgroeistimulerende produkte en het die registrasieproses meer as vyf jaar geneem om te voltooi. As dit maklik was, sou almal dit al gedoen het. Maar met die tegniese kennis en kundigheid van Lourens Ferreira en Dr Nico van Vuuren het ons die A-Z produkreeks vir ons produsente.

Van links staan dr. Nico van Vuuren (professionele natuurwentenskaplike) en Lourens Ferreira (BSc Agric & Meestersgraad in Volhoubare Landbou) die organiseerders en algehele aanbieders van die grond- en plantgesondheid-dagprogram wat op 13 September 2023 gehou was. Foto: Lindi Brill
Soiltech se laboratorium te Komatipoort:



Petronette van Eeden (Operasionele Bestuurder) of Lourens Ferreira (LFCS: Hoof Tegniese Dienste en Verkope)

Viking – SINONIEM met kundigheid. Sukses strek oor 30 jaar

Die toonaangewende landbouchemiese verspreidingsmaatskappy het na drie dekades nog steeds ten doel om uitstaande kundigheid, tegnologie en advies aan produsente hier te lewer. Die bewaring van die omgewing is nie onderhandelbaar nie, want dit vorm die basis van onder meer voedsel- sekerheid in die toekoms.
Viking het onlangs hande gevat met LFCS om as sub-verspreider op te tree in die Suid-Kaap- en Klein Karoostreek en Lourens Ferreira is as spesialis-agent aangestel in sy strewe na ’n holistiese doelwit om die produsent by te staan deur ’n suksesvolle gewasbeskermingsdiens te lewer.
Lourens Ferreira is ook die afgelope 3 jaar deel van Viking se tegniese span met groente as spesialisvakgebied aan sy mede-kollegas en agente in die Wes-Kaap, Noord-Kaap, Oos-Kaap en tot sover as Namibië.
Viking beskou die produsent as ’n waardevolle vennoot in die landboubedryf, plaaslik en internasionaal, en verander voortdurend soos wat nuwe tegnologie beskikbaar word.
Viking het uitstekende langtermynverhouding met verskaffers en gevolglik bly ons aan die voorpunt van die jongste tegnologie om produsente by te staan en die lewe makliker te maak. Alle advies wat ons gee is daarop gemik om pasgemaakte en bekostigbare gewasoplossings aan produsente te bied. Voedselproduksie en die natuur gaan hand-aan-hand en die volhoubare bewaring van die omgewing vir nou en vir die volgende generasie is die hoofsaak vir Viking. Pols jy Anton Giani (HUB, Viking) en een van die gasspre-kers by LFCS inligtingsdag te Oudtshoorn, oor waarom landbouprodusente dan nou Viking as insetverskaffer moet kies, antwoord hy: “Dat ons danksy strategiese vennootskappe, die produsente aan ’n wyer reeks van produkte en dienste bekend kan stel.”
Viking het ook eksklusiewe toegang tot DASA/Elfer-produkte vervaardig in hul eie laboratorium in Spanje wat op grondgesondheid en plantvoeding fokus. Trécé Inc., ’n maatskappy geleë in Oklahoma in Amerika, verprei die Cidetrak-reeks vir paringsontwrigting en die Phercon-reeks van moniterings-produkte (lokvalle en vrystellers) eksklusief deur Viking. Die Cidetrak CMDA Combo bied die voordeel dat manlike sowel as vroulike kodlingmotte se paringsvermoë ontwrig word. Volgens Viking is daar ’n paar opwindende toevoegings (gewasse en teikenplae) tot hierdie twee reekse wat binnekort registrasiestatus in Suid-Afrika sal kry.

Van Links is Heather Raymond & Wayne Raymond (Tsama Agricultural Services)

Robert Wilsdorf (tegnies bestuurder, Viking)
Ons visie is om volhoubare voedselsekuriteit te verseker!

Seeds Unlimited (Edms) Bpk is ‘n Suid-Afrikaanse landbou-onderneming wat in 2020 op die been gebring is vir die bemarking en verkoop van groentesaad. Die groentebedryf in Suid-Afrika is een van die belangrikste voedselverskaffers en ons is opgewonde om deel te wees van hierdie progressiewe en innoverende produksieketting deur groentesaad aan boere te voorsien wat betroubaar, getrou aan tipe is en wat oor die nuutste en mees gevorderde genetika beskik.


Links en bo is Gielie De Waal en Lourens Ferreira by hul verskaffers, Harmoniz Seeds Navorsingstasie in 2022 en Origene Seeds se Kultivar Opedag in 2022 in Israel.
Seeds Unlimited is in privaatbesit van twee aandeelhouers: Lourens Ferreira is die afgelope 31 jaar betrokke in die groentebedryf. Hy het uitgebreide kennis en ervaring van alle groentetipes en -variëteite, groei-tegnieke en markte in Suid-Afrika. Lourens het voorheen vir twee groot Suid-Afrikaanse saadmaatskappye gewerk, waar hy verantwoordelik was vir saadverkope, maar was ook die ruggraat van die toets- en evalueringsprogram van nuwe variëteite.
Hy is bekend vir sy passie en dryfkrag om van elke aanplanting waarby hy betrokke is ‘n sukses te maak.
Gielie de Waal is die afgelope 18 jaar betrokke in die Suid-Afrikaanse vrugtebedryf. Hy was deel van ’n bekende kommersiële vrugteboomkwekery. Hulle kultivarontwikkelingsprogram en bemarking van beide hul bome sowel as hul variëteite het hom oorvloedige blootstelling gegee wat baie nuttig is in sy nuwe rol as groentesaadhandelaar. Gielie is meestal betrokke by die sake-aspek van die maatskappy.
Aangesien ons ’n nuwe rolspeler in die bedryf is, soek ons voortdurend na geleenthede om ons huidige beskikbare produktereeks en variëteite uit te brei met nuwe produkte en variëteite met beter opbrengste, beter siekteweerstandigheid, beter smake, langer rakleeftye en vriendeliker produksiepraktyke.
Seeds Unlimited is op soek na vennootskappe met maatskappye regoor die wêreld om te verseker dat ons op die voorpunt staan van die nuutste en mees gevorderde groentevariëteite.
Ons bied ons kundigheid, tyd en hulpbronne aan om dit te toets en te evalueer met die doel om dit in die mark in te voer wanneer dit mededingend is.

Verlaag die gebruik van hulpronne en besproeiing
AquaBoostAG spaar water en elektrisiteit en verbeter kunsmisopname. AquaBoostAG is ’n gepatenteerde, vloeibare formule geskik vir gebruik in alle besproeiingstelsels en geniet al meer as 20 jaar sukses in die VSA, Australië en nou in Suid-Afrika.


AquaBoostAG is ’n innoverende produk wat aansienlike waterbesparing bied en die frekwensie van besproeiing verminder.
Dit beperk die verlies van water en voedingstowwe deur uitloging en bevorder die laterale verspreiding van vog deur die grond.
Die gebruik van AquaBoostAG lei tot ’n afname in elektrisiteitsverbruik en pompwerk, terwyl dit ook die doeltreffendheid van kunsmis verhoog.
Dit verminder die impak van nat en droë uiterstes gedurende die besproeiingsiklus en verbeter die kwaliteit van gewasse.
AquaBoostAG onderbreek die natuurlike neiging van water om die pad van die minste weerstand te volg deur die laterale verspreiding van water deur die grondprofiel te bevorder. Dit skep ’n waterhoudende omgewing rondom die wortels van plante.
Die produk is geskik vir gebruik in alle besproeiingstelsels en word aanbeveel vir alle grondtipes.
AquaBoostAG word deur ’n wye verskeidenheid kliënte gebruik, wat strek van groot kommersiële boere, landskapbou- en regeringsboomplantinisiatiewe tot klein kwekerye en tuinliefhebbers.
Dit is ’n vloeistof wat deur enige besproeiing-stelsel aangewend kan word, insluitend drupbesproeiing, sentrale draaibesproeiing, boomspuit, oorhoofse/lae strooi-sproeiers, en ondergrondse drup- en bandbesproeiing.
Die gebruik van AquaBoostAG bied verskeie voordele vir boere en tuiniers. Dit help om water te bespaar, verhoog die doeltreffendheid van besproeiing en bevorder die gesonde groei van plante.
Die produk dra by tot ’n beter en volhoubare toekoms deur die bewaring van waterbronne en die bevordering van omgewingsbewustheid.
In ’n tyd waar water-besparing en volhoubare landbou van kardinale belang is, is AquaBoostAG ’n waar-devolle hulpmiddel wat bydra tot die bereiking van hierdie doelwitte.
Dit bied ’n praktiese en doeltreffende oplossing vir die bevordering van waterbewaring en die verbetering van landboupraktyke.


Vir meer inligting kan u ons HOOFKANTOOR skakel te Oudtshoorn by 044 279 1500 –
Petronette van Eeden (Operasionele Bestuurder) of Lourens Ferreira (LFCS: Hoof Tegniese Dienste en Verkope).