Bestuur water só

Wes-Kaap  rampgebied

KUNDIGES by ’n waterberaad verlede week in Goudini het uitgewys dat die Wes-Kaap as gevolg van klimaatsverandering en demografiese verskuiwing in die land, die volgende twee dekades 30% minder water gaan hê as waaraan inwoners ge­woond is, sê Agri Wes-Kaap se uitvoerende hoof, Carl Opperman.
“Dit beteken water wat deur die ekologie, landbou, stede en dorpe gedeel moet word, gaan anders benut moet word om meer gedoen te kry met minder water. Ons het nodig dat die damvlakke aan die einde van die komende reënseisoen op minstens 85% staan. Die droogte is nie gebreek wanneer ‘n dam vol is nie,” het Opperman gesê.

Hy het gereageer op die verklaring van die Wes-Kaap tot rampgebied deur premier, Helen Zille, die afgelope week. Die provinsie word deur wat be­stempel word as die ernstigste droogte sedert 1904 geteister.

Opperman het ’n beroep gedoen op landbouprodusente, plaaswerkers, landelike bewoners en stedelinge om saam te werk om skaars waterbronne te bestuur.

• Damvlakke in ons gebied: Raubenheimerdam 56%; Calitzdorpdam 28%; Kammanassiedam 6,1%; Stompdriftdam 6%; Gamkapoortdam 0% en die Oukloofdam 16%.