Watertariewe verlaag na reën

MET die goeie reën wat verlede week in die opvangsgebied van die Raubenheimerdam, Oudt­s­hoorn se drinkwaterdam, geval het, is die damvlak nou van so ’n aard dat watertariewe in Desember weer sal verlaag.

Die watertariewe wat in November gelees is en op 10 Desember betaalbaar is, was op vlak 2 van die droogtetariewe omdat die damvlak tydens die leesperiode onder 40% was.

Die watertariewe wat egter in Desember gelees word en wat op 10 Januarie 2020 betaalbaar is, sal volgens Ntobeko Mangqwengqwe, woordvoerder van die Oudtshoorn Munisipaliteit, op vlak 1 van die droogtetariewe bereken word omdat die damvlak na die reën onder 50% maar bo 40% is.

Geen droogtetariewe geld wanneer die damvlak in die leesperiode bo 50% is nie, Droogtetariewe (vlak 1) geld wanneer dit onder 50% daal en vlak 2-droogtetariewe onder 40%.

Maandag het die damvlak op 48,33% gestaan. Gister was die damvlak op 49,14%.

(Deur Liesel le Roux)