DIE saak teen ’n finansiële adviseur van Oudtshoorn, Adriaan (Attie) Deyzel (65), is op 13 Desember 2019 van die rol geskrap.
Deyzel is in April 2019 by sy huis op ’n plaas buite die dorp in hegtenis geneem nadat vuurwapens, ammunisie en patrone in sy besit gevind is.
Volgens sy regsverteenwoordiger, Christo van der Bergh, is die saak geskrap omdat die staat nog nie hul ondersoek daarna afgehandel het nie.
Dit beteken egter nie dat Deyzel onskuldig bevind is nie.
Volgens Van der Bergh bestaan die moontlikheid dat die saak later weer later op die rol geplaas kan word sodra die ondersoek afgehandel is. (Deur Angelique Erasmus)