Deur Garnett Wicomb
’N MAN van Onverwacht buite Oudtshoorn wat daarvan aangekla was dat hy ’n 13-jarige seun verkrag het, is Vrydag in die Oudtshoorn Streekhof vrygespreek weens ’n gebrek aan voldoende getuienis.
Damian Pietersen (24) is daarvan aangekla dat hy die tiener op 14 Augustus 2016 verkrag het waar hulle onder ’n kombers buite ’n huis op die plaas Karoo Valley Farms saam met nog twee vriende gelê het.
Streeklanddros Retha Pretorius het die ont- slagaansoek van die beskuldigde se regsverteenwoordiger, Vaughn Shone, toegestaan en gesê dat ’n beskuldigde geregtig is op vryspraak indien daar geen moontlikheid tot enige skuldigbevinding is nie.
Sy het bevind dat die staat se saak van swak gehalte is weens die talle weersprekings deur staatsgetuies en Pietersen vrygespreek.