Vermeende bedrieër op 7 Februarie in hof

DIE saak teen die vermeende bedrieër van Gau­teng, Ronald Dale Harmse, wat ’n sakeman van Oudtshoorn glo uit meer as ’n halfmiljoen rand bedrieg het, is in die Oudtshoorn Streekhof vir verhoor tot 7 Februarie uitgestel.

Harmse (50) staan tereg op klagtes van bedrog, diefstal en geldwassery.

Die staat voer aan dat hy in Maart 2020 ’n plaaslike sakeman, Matthys Slabbert, uit R535 000 bedrieg het deur voor te gee dat hy ’n advokaat is.

Harmse het met sy vorige verskyning op 30 November 2021 die hof meegedeel dat hy die mandaat van sy regsverteenwoordiger tot dusver beëindig het.

Hy het die hof ook meegedeel dat hy besluit het om skuldig te pleit en sodoende nie die tyd van die hof en die klaer verder wil mors nie.

Nadat hy regshulp gekry het, is die saak deur streeklanddros Sylvia Mandla uitgestel. (Deur Garnett Wicomb)