Deon Bosman-aanranding
TWEE inwoners van De Rust het verlede week in die Oudtshoorn Landdroshof verskyn in verband met ’n voorval waarin ’n sakeman van die dorp, Deon Bosman, beseer is. Bosman is na bewering op 17 Januarie in sy besigheid op die dorp aange-rand en moes ses steke in sy kop kry.
Die saak teen Steve en Minnie Robson is op 3 Julie deur landdros Johan Steynberg uitgestel vir verdere ondersoek.
Volgens die hofrekords het albei op aanklag van aanranding om ernstig te beseer verskyn.