Twee met pangas vas

Die gekonfiskeerde pan­gas. Foto’s verskaf

TWEE mans, onder­skei­delik 20 en 38 jaar oud het Maandag (16 Mei) in die Oudts­hoorn Landdroshof verskyn na­­dat pangas verlede Vrydag in hul besit ge­vind is.

Die mans is tydens ’n stop-en-soek-optrede van die Eden Kluster-misdaadbestrydingspan in Jonesstraat, Oudts­hoorn vasgetrek.

Volgens sers Chris Spies, woordvoerder van die Suid-Kaap Po­lisie, is hulle in hegtenis geneem op ’n klagte van die besit van ge- vaarlike wapens.