UITSPRAAK in die borgaansoek van die vier verdagtes in die transito-roofsaak waartydens ’n sekerheidswag van Fidelity Solutions by ’n vulstasie op Oudtshoorn beroof is, kon nie Maandag (23 Augustus) in die Oudtshoorn Landdroshof gelewer word nie omdat die hof die dag weens ’n Covid-geval gesluit was.
Die nuwe datum is môre, Vrydag, 27 Augustus.
Simphiwe Matwa (41), Lwandiso Lento (36), Masixole Dolomba (27) en die weermagkaptein, Sakhele Nkabi (36), staan tereg op klagtes van roof met verswarende omstandighede, die onwettige besit van van ’n vuurwapen en ammunisie, asook die onwettige besit van ’n ongemagtigde vuurwapen waarvan die reeksnommer afgevyl is.
Die vier se regsverteenwoordigers, adv Zukile Mqulo en Bulelani Bans, voer aan dat hulle geregtig is op borg omdat hulle nie vlugrisiko’s is nie en enige borgvoorwaardes sal nakom.
Die staatsaanklaer, adv MP Heyns, is daarenteen van mening dat die beskuldigdes staatsgetuies sal probeer beïnvloed en in aanhouding moet bly.
Die saak dien voor landdros Marvin de Vos. (Deur Garnett Wicomb)
Transitoroof: Verdagtes hoor eers Vrydag oor borgtog
Van links: Sakhele Nkabi (36),
Lwandiso Lento (36), Masixole Dolomba (27) en Simphiwe Matwa (41).