Tracey Lange speel model vir Bradlin se eerste Masterclass Make-Up-klas!

Bradlin Heradien, grimeerkunstenaar van Oudtshoorn, besig om die bekende Tracey Lange, TV-aanbieder en radio-omroeper, te grimeer tydens ’n onlangse grimeer-meesterklas op die dorp. Foto: Guido Griffin

’N JONG grimeringskunstenaar van Oudtshoorn, Bradlin Heradien (22), het onlangs ’n eerste “Masterclass Make-up-klas” op Oudtshoorn aangebied.

En hiervoor het hy ’n spesiale gas, die bekende TV-aanbieder en radio omroeper, Tracey Lange, genooi om as model op te tree!

Volgens Heradien was diegene wat die kursus bygewoon het, baie opgewonde om die geleentheid mee te maak.
“Hierdie soort klasse word gewoonlik gehou om mense spesiale grimeringstegnieke te leer wat hulle dan in hul daaglikse lewens kan toepas,” sê Heradien.

Volgens Heradien is daar nog vele sulke klasse op pad, en beoog hy ook baie toere saam met Tracey Lange in 2022.
“Belangstellendes moet maar soloank begin om alle sosiale platforms dop te hou,”

Hy het sy dank uitgespreek teenoor almal wat betrokke was by dié meesterklas – sy twee fotograwe, Guido Griffin en Dimitri Jappies, Paul Amas wat verantwoordelik was vir die klank, Anushka Groenewald van The Buzz Shop wat gesorg het vir die dekor, Leandro Arnolds vir die video-opnames van die geleentheid asook Lydia Paige en Trichelle April wat ook ’n groot bydrae tot die sukses van die geleentheid gelewer het. (Deur Garnett Wicomb)