Sy kon met botsing net aan haar kinders dink

Bo en regs: Die agterrruit van die motor van Cindy Hartnick, ’n apteker van Oudts­hoorn, is uitgestamp deur die botsing (bo) terwyl die motor teen ’n paal beland het (regs). Sy is ná die bot­sing per ambulans hospitaal toe gebring.  Foto’s:  Angelique Erasmus

Bo en onder: Die agterrruit van die motor van Cindy Hartnick, ’n apteker van Oudts­hoorn, is uitgestamp deur die botsing (bo) terwyl die motor teen ’n paal beland het (regs). Sy is ná die bot­sing per ambulans hospitaal toe gebring.  Foto’s:  Angelique Erasmus

3 ongeluk apteker

TOE die botsing Maandagoggend plaasgevind het, kon sy net aan haar kindertjies dink.

So skryf Cindy Hartnick, ’n apteker van Oudts­hoorn, op Die Hoorn se Facebook-blad oor ’n botsing in Voortrekkerweg waarin sy die oggend betrokke was.

Volgens sers Gretchen Michaels, woordvoereder van die Oudtshoorn Polisie, het  ’n Isuzu-trokkie die swart Polo waarmee sy gery het van agter getref waarna die Polo in ’n lamppaal vasgery het. Die bestuurder van die Isuzu het na bewering van ba­ne verwissel voordat dit die Polo getref het.

Hartnick was omstreeks 08:40 op pad werk toe toe die botsing naby die kruising met Oxfordstraat plaasgevind het.

Sy is per ambulans hospitaal toe gebring nadat ’n nekstut op die toneel om haar nek gesit is. Sy is op ’n draagbaar na die ambulans gedra.

Hartnick, wat by Watson & Brink Apteek op Oudtshoorn werk, het mense wat haar sterkte toegewens het, bedank en gerus gestel dat sy wel is. Sy is egter tydelik met siekteverlof.

“’n Mens dink jy gaan net werk toe en aanvaar jy sal weer kan teruggaan na jou familie toe, maar dinge kan so gou gebeur. Ewig dankie vir die Va­der dat hy my nog uitgespaar het,” het sy geskryf.

Die Polisie ondersoek ’n klag van roekelose en nalatige bestuur.