Brümilda Andrunecia (32).
Deur Liesel le Roux
’N TWEEDE tragedie het ’n gesin van Oudtshoorn getref nadat hulle ’n tweede dogter en suster binne die bestek van agt maande aan die dood afgestaan het.
Brümilda Goliath (32), ’n leerkrag van Laerskool Prins Albert, is verlede Vrydag in die hoësorgeenheid van die George MediClinic oorlede nadat sy breindood verklaar is.
Brümilda, wat in 2012 met nierversaking gediagnoseer is, was die laaste tyd ernstig siek. Sy was die dogter van Benjamin en Annie Avontuur van Oudtshoorn,
Brümilda se jonger suster, Verda Goliath, is op 24 Oktober verlede jaar onverwags oorlede nadat sy longontsteking opgedoen het.
Brümilda het ná Verda se dood haar suster se seun, Liaan Goliath (7) versorg.
Volgens Granwille Goliath, ’n broer van Brümilda, het sy in 2015 met nierdialise begin wat haar baie gehelp het.
“Sy was ’n moeder vir baie leerders by haar skool. Sy het altyd gestreef na net die beste vir haar leerders,” sê Granwille.
Brümilda word oorleef deur haar ouers, ’n oupa, Daniel Barnard, drie broers, Granwille, Brandon en Breyton Avontuur, klein Liaan en haar verloofde, Fransill Minnies.
Sy word Saterdag om 10:00 vanuit die Bridgton UCCSA-kerk begrawe.
Familie en vriende sal om 09:00 by die familie se huis in Kiewietjielaan 288 bymekaar kom.