Inwoners wat by Oudtshoorn se munisipale swembaddens wil gaan afkoel, betaal dié seisoen R20 per dag vir volwassenes en R10 vir studente en kinders jonger as 12 jaar.
Volgens ’n kennisgewing van die Oudtshoorn Munisipaliteit is die openingsdatum vir die swembaddens 7 November 2026.
Die kennisgewing bevat ook die tariewe vir die 2026/27-seisoen en die openingstye.
Daar is ook maandkaartjies en seisoenkaartjies beskikbaar.
’n Maandkaartjie kos R260 vir volwassenes en R130 vir studente en kinders jonger as 12 jaar. Seisoenkaartjies kos onderskeidelik R500 en R260.
Die swembaddens is Maandae tot Saterdae, asook op openbare vakansiedae, van 10:00 tot 18:00 oop. Op Sondae is die openingstye van 12:00 tot 18:00.
Alle munisipale swembaddens sal op Kersdag gesluit wees.
Lees ook:
Vrae oor DA se burgemeesterskandidaat nadat die party tien wyke verower het
Water concerns for Oudtshoorn as Garden Route prepares for summer

Be the first to comment on "So lyk die swembadtariewe vir Oudtshoorn die somer"