• SMS na 073 217 7089. • Beledigende of lasterlike SMS’e word nie geplaas nie. • SMS’e weerspieël die standpunt van die afsender en nie die van Die Hoorn nie. • SMS’e met klagtes oor besighede moet die sender se naam bevat en dit sal aan die besigheid voorgelê word vir reaksie. • SMS’e langer as 60 woorde sal verkort word.
Ek wil vir Die Hoorn van Oudtshoorn ’n pluimpie gee. Ek kan nie op ’n Donderdag sonder jou nie. My oë het gesoek op winkelrakke na jou. Hoop jy het jou ruskans geniet. Kan nie wag om jou in die hande te kry nie. Mag jy propvol nuus wees met jou tuiskoms. Van jou Volmoeder
*****
Ek weet regtig nie hoekom sekere instansies e-posadresse aanbring op hul briefhoofde en advertensies as hulle nie die ordentlikheid het om daarop te reageer nie. Nou wil ek nie eers van sommige staatsinstellings praat nie. Weet julle dalk nie hoe om ’n e-pos te lees of te beantwoord nie, of is dit maar net agterlosigheid?
*****
Weet iemand dalk of daar al wetgewing gepubliseer is rondom die afvuur van vuurwerke? Het verlede jaar ’n noue ontkoming gehad toe ’n rocket op die patio beland het waar ons gesit het. MC.
*****
Wat my regtig ontstel, is om te sien dat mense nou nog brandende sigaretstompies uitsmyt terwyl hul bestuur en selfs vullis ook deur die venster gooi… Het jy dan geen respek vir jouself nie? Dit is verkeerd – as jy dit nog nie weet nie…
*****
Daardie mense wat by die munisipaliteit met die slegte swartsakke werk, hulle moet die sakke uitdeel. Ons betaal belasting.
*****
Baie dankie aan Die Hoorn vir die 2017-jaarbeplanner in die uitgawe van 15 Desember 2017! Die straat-indeks is ook ’n wenner! Baie dankie. Dit was voorwaar ’n handige Kersgeskenk vir elke leser. Lisbe de Villiers
(Dit was ’n groot plesier, Lisbe. Dit is vir ons lekker om te sien die jaarbeplanners en straatkaarte word oral gebruik. Liesel le Roux, redakteur.)
*****
“Spar se pad”: Dit sal nie help om daardie pad toe te maak nie, want dit gaan die vloei van verkeer vererger. Die probleem wat ek al gesien het, is mense wat ’n soort U-draai wil maak om terug na Voortrekkerweg te ry. Daar is klaar ’n sperstreep en dit is onwettig (die verkeersdiens kan my reghelp indien ek verkeerd is). Ry liewer verder noord in Jan Van Riebeeck en maak verder veilig ’n U-draai of ry om die blok. Of stop verder en stap na die winkel. Robert Ueckermann.
*****
Kan iemand my raad gee? Hoe kry ’n mens teer uit klere? Baie dankie.
*****
Helen Bellinganhof se inwoners sê baie dankie aan elkeen wat ons so mooi ondersteun het met die uitloot van ’n vrugtekoek. Die gelukkige wenner was Johanda Basson. Die geld gaan aangewend word vir die aankoop van ’n hemoglobien-apparaat vir die siekeboeg. Nogmaals baie dankie.
*****
Inwoners rondom die stortingsterrein van die ou treinstasie, omliggende plase asook besighede word van voor Kersfees tot nou verpes met brande en rook wat veroorsaak word deur afval wat op die vlakte daar gestort word. Mense het nou dringend die hulp van die munisipaliteit nodig om die storting te stop. Dit veroorsaak TB en vererger siektes en mense- en dierelewens is in gevaar. Dit help misdaad ook om plaas te vind. Help om ’n lewe te red! Mismoedig.
*****
Mense wat dronk bestuur stel in die algemeen onskuldige mense se lewens in gevaar en dan is hulle nog arrogant ook as jy hulle aanspreek. Ek was so amper-amper in ’n ongeluk as gevolg van ’n dronkbestuurder. Sulke mense moet nie nog in die hof verhoor word nie en sommer reguit tronk toe gaan. Jou brein mag normaal werk, maar jou reflekse (bewegings) is stadig – as jy dit nie weet nie. Respekteer ander se lewens.
*****
All animals, people, and cars in Whatsapp are moving in the same direction (left), except women! Even Whatsapp doesn’t understand women.
*****
Skokkend! Wanneeer laas was u by die verkeersafdeling / toetsterrein / bestuursopleidingarea in Parkweg? ’n Gedeelte van die pad is bykans onrybaar. Bottels en papiere lê in hope teen die heinings. Kan dit asb by die dorp se opknappingsplan ingesluit word. Dit sal waardeer word.
*****
Hoor Oudtshoorn se matrieks het so goed gevaar in die eindeksamen. Baie geluk, julle! Geluk aan elkeen wat hard gewerk en geslaag het. Aan die ander – byt vas, daar is niks mee verkeerd om weer te probeer nie. Daar is mense wat in julle glo.