Skoolboelie, ’n kortverhaal wat deur ’n inwoner van Bridgton in Oudtshoorn, Cedric Africa (naasregs), geskryf en in ’n film omskep is, is Vrydag (16 September) vir die eerste keer aan die publiek vertoon - in die Toekomsrus Gemeenskapsaal in Bridgton! Die rolverdeling bestaan uit talentvolle inwoners van Oudtshoorn - ’n paar van hulle hier op die foto saam met Africa. Van links is Pat Blaauw (akteur), Germaine Bruintjies (akteur), Thato Mbambe (hoofakteur), Wessel van Heerden (kameraman en regisseur van George), Africa (draaiboek) en Thirsten May (produksie-spanlid). Volgens Africa was dit ’n aand om te onthou en het die bywoning deur Oudtshoorniete en ’n vol Toekomsrussaal sy stoutste verwagtinge oortref. “Ons het ’n vol gehoor gehad, en daar was ’n hele paar mense wat trane gestort het,” vertel hy.
Foto: Stefan Skapie Goosen