Riley kry nuwe wiele

Riley (Bo) is nou ongeveer 10 jaar oud. Sy is 5 jaar gelede deur Aldeen van der Walt langs die pad in Pretoria opgetel.

Intussen het Van der Walt en haar gesin Oudtshoorn toe verhuis.

Sy is nadat sy opgetel is, na ’n veearts geneem en daar is bepaal dat sy al ongeveer twee maande met ’n gebreekte agterbeen rondloop het, en sepsis in die been ontwikkel het. Haar agterbeen is toe afgesit.

Sy was ’n baie aktiewe hond tot sowat ’n jaar gelede toe sy met lewer- en nierversaking gediagnoseer is, en waarvoor sy daagliks behandeling ontvang.

“Ek het op Facebook op die groep Vesper on wheels afgekom en hulle gekontak.

Dit is ’n nie-winsgewende organisasie in Pretoria,” vertel Van der Walt.

Die groep het geld ingesamel en vir Riley ’n loopraam met wiele geskenk, wat sy mag gebruik tot sy eendag hondehemel toe gaan.

“Die wiele het so ‘n groot verskil in Riley se lewe gemaak, sy kan nou met gemak weer vir haar stappies gaan,” sluit sy af. Foto: Aldeen van der Walt