Trompoppie-wêreldkampioenskap 2018

Jonathan Wicomb agter die mikrofoon. Foto Garnett Wicomb
Deur Garnett Wicomb
’N GROOT eer het Jonathan Wicomb, adjunk-hoof van Sacred Heart Primêr, te beurt geval toe hy deur die South African Majorette and Cheerleaders’ Association (Samca) gevra is om as aankondiger op te tree tydens vanjaar se Trompoppiewêreld- kampioenskap.
Die kampioenskap vind van 20 tot 22 September by GrandWest in Kaapstad plaas.
“Ek beskou dit as ’n baie groot voorreg om by ’n internasionale geleentheid soos hierdie as aankondiger op te tree en besef dat dit nie sommer maklik weer sal gebeur nie. Daarom het ek nie vir een oomblik gehuiwer om ja te sê nie,” het Wicomb die week gesê.
Hy is die afgelope 15 jaar jaar reeds aankondiger by plaaslike trompoppiekompetisies en was een van die aankondigers by vanjaar se nasionale kampioenskap wat met groot sukses deur die SWD Majorette and Cheerleading Association op Oudtshoorn aangebied is.
Volgens Wicomb sal spanne van regoor die wêreld in Kaapstad in aksie wees terwyl die trompoppies van drie skole van Oudtshoorn, naamlik Sacred Heart Primêr, Laerskool Van Reede en die Hoërskool Oudtshoorn, ook by die geleentheid sal optree.