DIE 1982 matriekklas van die Bridgton Senior Sekondêre Skool (BSS) het die naweek van 7 tot 9 Oktober hul 40 jaar-reünie by hul Alma Mater gehou. Die reunie is deur van die oorspronkilike klas van 168 bygewoon en het met ’n ontbyt begin
Die klas se twee taalonderwysers, Kiewiet Manuel en Phillip Stalmeester, het die reünie saam met 21 van die oorspronklike 168 klasmaats bygewoon. Oudtshoorn se voormalige burgemeester, Colin Sylvester was in 1982 hoofseun en Carol Job hoof-meisie.
Die naweek het die Vrydagaand afgeskop met ’n kaas-en-wyn funksie, is die volgende oggend voortgesit met ’n besoek aan die Safari Volstruisplaas en is die Sondag afgesluit met ’n kerkdiens gelei deur een van die oud-leerders, ds Wilfred Moses.
Tydens die Vrydagaand se funksie is ’n oomblik van stilte gehou vir die 24 klasmaats wat reeds gesterf het.
• BSS het sy deure in 1976 geopen en die klas van 1982 was die tweede matriekklas van die skool. Hulle beplan volgens een van die organiseerders, Mercia Moses, om weer oor twee jaar bymekaar te kom. (Deur Garnett Wicomb)
Oud-burgemeester en klas van ’82 hou reünie
Oud-leerders van die klas by die 40-jaar reünie. Foto: Garnett Wicomb