Nuwe lede verwelkom by Oudtshoorn Besigheidskamer

’n Genoeglike maandelikse Oudtshoorn Besigheidskamer-netwerkaand is verlede Donderdag (28 Oktober) by die Turnberry Boutique Hotel op Oudtshoorn gehou. Die aand is deur die Eljada-Kairos Skool op Oudtshoorn geborg. Dit was ’n geleentheid vir sakelui op Oudtshoorn om nie net bymekaar te kom nie, maar ook om meer uit te vind oor wat die Eljada-Kairos Skool doen. Daar is ook aangekondig dat nominasies vir nuwe komiteelede binnekort sal open en dat enige lede genomineer kan word. Nuwe lede wat reeds voorgestel is, hier saam met verteenwoordigers van die Besigheidskamer en Eljada-Kairos, is van links Ronnie Colin van Oudtshoorn Nissan, Renault en Haval; Rotariër André van Greunen en Suné Rupping (Oudts­hoorn Rotariërs), Daniel Smuts (Oudtshoorn Round Table), Hennie Baartman (hoof van Eljada-Kairos Skool), Deslynne Malgas en Phillida Malgas-Kelpin (Moonmist en Transform Construction), Wilma Ferreira (Wilma Ferreira Makelaars), Ilse de Villiers (Pitstop en Poolstop) en Stephan Cornelissen (Besigheidskamer-voorsitter). Foto: Stefan Skapie Goosen