Die saak teen die musiekonderwyser van Oudtshoorn wat van statutêre verkragting, seksuele aanranding en seksuele gereedmaking van ’n minderjarige aangekla word, is Maandag 23 Junie in die Oudtshoorn streekhof tot 28 Oktober uitgestel nadat ’n nuwe regshulpprokureur aangestel is om hom te verteenwoordig.
Brian Carelse van die plaaslike regshulpraad, het die hof op Vrydag 6 Junie 2025 meegedeel dat hy nie die beskuldigde verder kan verteenwoordig nie.
Die saak is toe tot 23 Junie uitgestel sodat die beskuldigde nuwe regsverteenwoordiging kan bekom.
Carelse het die hof Maandag meegedeel dat ʼn kollega van Beaufort-Wes die beskuldigde in die verhoor sal bystaan.
Die beweerde dade met die 13-jarige meisie vir wie die beskuldigde klavierlesse gegee het, is na bewering in 2024 gepleeg. Hy is op 6 Maart vanjaar borgtog geweier nadat hy homself aan die polisie oorgegee het.
Hy het met sy borgaansoek aangedui dat hy onskuldig gaan pleit op al die klagtes.
Die saak dien voor streeklanddros Daniel Boks. (GARNETT WICOMB)
Musiekonderwyser kry nuwe regshulpprokureur
