DIE saak teen ’n pa en seun van Oudtshoorn wat van moord aangekla word, is Donderdag (4 Mei) in die Oudtshoorn Streekhof vir die oorweging van ’n moontlike pleitooreenkoms met die staat tot 15 Mei uitgestel.
Die 64-jarige Koos Stuurman, met 28 vorige veroordelings, staan saam met sy 20-jarige seun, Stilero Roman, tereg op ’n klagte van moord op die 23-jarige John-Lee Johnson (foto bo).
Johnson is op 30 Oktober 2021 in ’n winkel in Dassieweg, Bridgton deur Roman met ’n mes in die nek gesteek nadat sy pa na bewering vir hom ’n mes gegee en gesê het om die oorledene te gaan doodsteek nadat hulle die vorige aand in ’n stryery betrokke was. Stuurman het met sy borgaansoek aangevoer dat hy ’n nuwe blaadjie omgeslaan het en vorentoe kyk. Die saak dien voor streeklanddros Ntsoki Moni en Stuurman is in aanhouding terwyl sy seun op waarskuwing vrygelaat is. (Deur Garnett Wicomb)
Moordsaak van John-Lee Johnson uitgestel vir moontlike pleitooreenkoms
