DIE verhoor van ’n 63-jarige man van Oudtshoorn wat tereg staan op 200 aanklagte van die besit van kinderpornografie, is ná die getuienis van Mmale-tjema Poto, ’n kundige oor pornografie vir verdere getuienis tot 27 November uitgestel.
Dave Macintosh word daarvan aangekla dat hy in Desember 2018 in besit was van ’n film of publikasie wat uitbeeldings, beskrywings of tonele van kinderpornografie bevat. Hy ontken skuld.
Die saak het voor streeklanddros Daniel Boks gedien. Adv Michelle Weyers kla aan en Gideon Badenhorst verskyn namens die beskuldigde. (Deur Garnett Wicomb)