Liewe Heksie is terug by die KKNK!

Margit Meyer-Rödenbeck as Liewe Heksie. Foto verskaf

DIE geliefde Liewe Heksie is terug by vanjaar se KKNK!

Maar, haai oe, sy het ’n bietjie vergeet van verjaarsdae en daarom vier sy haar “eerste” verjaarsdag vanjaar tydens die fees op Oudtshoorn… Met haar geskenke, ’n biki-kini en rolskaatse beloof sy om Blommeland nog kleurryker te maak.

En natuurlik is daar die groot, grillerige Geelheks wat Heksie se vieringe in die wiele probeer ry. Levinia vra daarom mooi: “Asseblief, klein en groot kaboutervriende van Menseland, help my dat ons al die stoute karnallies kan verwilder.”

(En, ja sy sukkel ook bietjie met haar masker…)

Liewe Heksie en die rolskaatse is op 1 en 2 April te sien in die saal van Laerskool Wesbank. Dié aanbieding vir die hele gesin bring Margit Meyer-Rödenbeck na Oudtshoorn as die nimlike Heksie en die talentvolle Deon van Zyl as Karel Kat, Geelheks en Koning Rosekrans!

Kaartjies kos R75 en is te koop by Pick n Pay of aanlyn by www.webtickets.co.za

Wen so ’n kaartjie!
Een leser van Die Hoorn kan ’n dubbelkaartjie wen na Liewe Heksie en die rolskaatse. WhatsApp die antwoord op die vraag: Wie van Karel Kat of die Geelheks is Heksie se vriend? ASOOK jou naam, van en kontaknommer na 073 217 7089 of gooi dit in die kartondoos by PostNet – voor Maan­dag 14 Maart om 11:00. Die wenner se naam sal in Die Hoorn van 17 Maart verskyn.