Landdros waarsku Rondganger om nie speletjies te speel

Eric Xaxaka

Die verhoor van die vermeende moordenaar van sy meisie se pa wat verlede Dinsdag in die Oudtshoorn streekhof sou begin, is uitgestel toe sy regsverteenwoordiger hom van die saak onttrek het as gevolg van teenstrydige instruksies.

Bradley Samuels het die hof meegedeel dat hy nie as regsverteenwoordiger van Patrick Rondganger (36) kan voortgaan nie, en na samesprekings met sy familie hom aan die saak onttrek.

Rondganger, wat verward in die beskuldigde bank voorgekom het, het die hof meegedeel dat hy tyd nodig het om met sy familie te praat vir die aanstelling van ’n ander regsverteenwoordiger.

Hy is deur die hof gewaarsku dat hy besig is om speletjies te speel en die verhoor sal voortgaan indien hy nie op 1 November ’n nuwe regsman aangestel het nie.

Alles volg nadat die staat nie die voorgestelde vonnis in ’n moontlike pleitooreenkoms wou aanvaar nie.

Rondganger word daarvan aangekla dat hy in April 2022 vir Eric Xaxaka (60) van Bongolethu vermoor en sy lyk in ’n vlak graf onder twee yskaste begrawe het. Hy het daarna glo saam met familie van die oorledene en die polisie na die vermiste Xaxaka gesoek. (Deur Garnett Wicomb)