DIE saak teen die vrou wat van moord op die rugbyspeler Boutros May aangekla word, is Dinsdag in die Oudtshoorn streekhof vir voorverhoor verrigtinge tot 13 November uitgestel.
Die 24-jarige Felicia Afrika word daarvan aangekla dat sy in Februarie vanjaar vir Boutros May in St Johnstraat naby ’n bekende kuierplek een keer met ’n skerp voorwerp gesteek het.
Hy is hospitaal toe geneem waar hy later aan sy beserings oorlede is.
Die saak is na die streekhof oorgeplaas vir verhoor na die voltooiing van die polisie-ondersoek.
Afrika is vroeër in die distrikshof borgtog van R2 000 toegestaan omdat sy ’n eerste oortreder is, nie ’n vlugrisiko is nie en geen hangende sake teen haar het nie.
Die saak dien voor streeklanddros Ntsoki Moni. (Deur Garnett Wicomb)
Boutros saak in hof vir voorverhoor
Boutros May. Foto Facebook