Johan Keller, geliefde Oudtshoorniet oorlede

Johan Keller, is Sondag 17 Maart 2024 oorlede. Keller was ’n bekende in landbou en toersime- kringe. Foto verskaf

Huldeblyke het ingestroom na die nuus meegedeel is dat Johan Keller (61), geliefde inwoner van Oudtshoorn en eienaar van Highgate Ostrich Farm en De Denne gasteplaas, op Sondag, 17 Maart oorlede is.

Keller was ook ’n bekende in landbou-kringe asook in die toe-rismekringe. Hy sal ook onthou word vir sy liefde vir mense, warm vriendelikheid en sy goue hart.

Keller word oorleef deur sy vrou, Louise, vier kinders, Helene-Marie, Pieter, Jeru en Aike, asook sy 2 kleinkinders, Lieben en Le Roux.

Sy lewensviering word gehou op 24 Maart om 9:30 by die NG Kerk Volmoed, Oudtshoorn. (Deur Lindi Brill)